ONS IS POSITIEF
Ons laat geen gekla en negatiwiteit op ons platform toe nie en hierop word slegs projekte geïdentifiseer, oplossings en werk bespreek en erkenning aan pogings om die Mootomgewing te verbeter, gegee.
Ons is ook bereid om saam met enige instelling of persoon te werk, ongeag of dit die staat- of privaatsektor, jonk of oud, vroulik of manlik, wit of swart is, solank hulle saam daarna streef om die Mootgebied in ‘n netjiese, skoon en veilige omgewing te verander. Ons vat gevolglik ook hande met Tshwane en ons raadslede in die area om die beste moontlike resultate vir die Mootgebied te kry.
Natuurlik het almal van ons, en met reg, frustrasies. Maar ons verkies om deel van die oplossing van die probleme te wees en self in te spring om die situasie te verander. Indien jy voel dat dit uitsluitlik die werk van die staat, munisipalititeit of iemand anders is, vra jouself gerus die vraag: “Hoe het dit tot dusver vir jou in jou area uitgewerk?”