Ons benadering word teoreties gefundeer deur die Broken Window Theory wat met groot sukses in New York in die VSA toegepas is. In kort kom dit daarop neer dat as die klein goedjies eers reggemaak is en instandgehou word, volg die groot verbeteringe met tyd outomaties. Die teorie veronderstel ook dat netjiese areas ‘n aanduiding gee dat die inwoners van die gebied omgee en bedag is op wat rondom hulle aangaan en dit lei weer tot verlaagde misdaadvlakke.

Eindig!
TAKE ACTION NOW
DON'T WAIT ANY LONGER
Ter inligting image
Die MootProjek is nie ‘n politieke party of beweging nie. Dit is ‘n inisiatief deur die gemeenskap vir die gemeenskap van die Mootgebied in Pretoria, waardeur hulle self werk om hul omgewing wil verander na:

Die skoonste en netjiese area moontlik

‘n Veilige area vir die inwoners

‘n Eerstewêreldse woongebied

Vir ons is niks minder as uitmuntentheid aanvaarbaar nie en dus is ons standaarde onbeskaamd hoog - ons inwoners verdien dit en wil dit graag hê.

Die MootProjek het ontstaan toe Hennie Mostert en Johan Oberholster in die middel van Julie 2022 saamgekom en kragte saamgesnoer het. Hennie is alreeds vir jare in die Moot betrokke om op sy eie plekke skoon te maak en Johan dra weens omstandighede na ‘n lang en ernstige siekbed weens COVID-19 ‘n laer werkslas en het vir die eerste keer in baie jare tyd beskikbaar gehad om aan gemeenskapsaktiwiteite te wy. Dus het hy ook begin om dele van Pierneefstraat self te laat skoonmaak en regmaak.

ONS IS POSITIEF

Ons laat geen gekla en negatiwiteit op ons platform toe nie en hierop word slegs projekte geïdentifiseer, oplossings en werk bespreek en erkenning aan pogings om die Mootomgewing te verbeter, gegee. Ons is ook bereid om saam met enige instelling of persoon te werk, ongeag of dit die staat- of privaatsektor, jonk of oud, vroulik of manlik, wit of swart is, solank hulle saam daarna streef om die Mootgebied in ‘n netjiese, skoon en veilige omgewing te verander. Ons vat gevolglik ook hande met Tshwane en ons raadslede in die area om die beste moontlike resultate vir die Mootgebied te kry. Natuurlik het almal van ons, en met reg, frustrasies. Maar ons verkies om deel van die oplossing van die probleme te wees en self in te spring om die situasie te verander. Indien jy voel dat dit uitsluitlik die werk van die staat, munisipalititeit of iemand anders is, vra jouself gerus die vraag: “Hoe het dit tot dusver vir jou in jou area uitgewerk?”

UIT 'N ANDER OOGPUNT

Baie mense vermeld, met reg ook, dat hulle reeds erfbelasting betaal om al hierdie dienste te finansier en dit is waar. Miskien is die manier om daarna te kyk, die volgende: Jou belastinggeld finansier die SAPS, maar jy stel eerder ‘n private sekuriteitsmaatskappy aan, omdat jy nie met die polisiediens se reaksietye tevrede is nie, alhoewel jou belastinggeld ook staats-mediesedienste beskikbaar maak, neem baie mense ‘n mediese fonds uit om te verseker dat jy in ‘n privaathospitaal die diens kry wat jy graag wil hê. Net so gee munisipaliteite net baie basiese dienste weens ‘n verskeidenheid redes en as jy in ‘n mooier of beter omgewing wil woon, moet jy dit of self regmaak tot op die standaard wat jy verkies of iemand anders betaal om dit te doen. Die MootProjek poog om die verlangde standaard met ‘n kombinasie van selfdoen en befondsing daar te stel. .

ONS BENADERING

Ons benadering is gevolglik om deel van die oplossing en antwoord te wees. Saam kan ons meer doen! Om deel te wees van die MootProjek, kan jy gerus jou naam en van na 076 259 4114 (die nommer van ons Whatsapp-groep) stuur. Soos voorheen vermeld, bespreek ons projekte ens. op dié Whatsapp-groep. Ons benadering word teoreties gefundeer deur die Broken Window Theory wat met groot sukses in New York in die VSA toegepas is. In kort kom dit daarop neer dat as die klein goedjies eers reggemaak is en dinge instandgehou word, volg die groot verbeteringe met tyd outomaties. Die teorie veronderstel ook dat netjiese areas ‘n aanduiding gee dat die inwoners van die gebied omgee en bedag is op wat rondom hulle aangaan en dit lei weer tot verlaagde misdaadvlakke. .

Hennie Mostert

Mede-stigter

hennie@diemootprojek.co.za 076 259 4114

Johan Oberholster

Mede-stigter

johan@diemootprojek.co.za 082 452 0196

Nanette de Jong

Administrasie

nanette@diemootprojek.co.za 082 395 8420

Carmen Drijfhout

Administrasie en Rietfontein

carmen@diemootprojek.co.za 076 750 4890

Ronel de Wet

Rietondale en Riviera

082 821 7536 roneldewet123@gmail.com

Dewald Burger

Moregloed

dewald@diemootprojek.co.za 076 102 1012

Anita Oosthuizen

Waverley

anita@diemootprojek.co.za 083 316 7529

Brink Oosthuizen

Queenswood

brink@diemootprojek.co.za 082 892 3275

Hannelie Van Eck

Kilnerpark

hannelie@diemootprojek.co.za 083 448 3744

Liesl Assman

Mayville

assmann490@gmail.com 084 593 0656

Jeunaveve

Rietfontein

jeunaveve@diemootprojek.co.za 076 841 9888

Rudolf

Rietfontein

rudolf@diemootprojek.co.za 082 927 1984

Die geskiedenis van die Moot.

Die geskiedenis van die Moot.

Die Mootgebied het ontwikkel en gegroei oor ‘n tydperk vanaf ongeveer 1890 en daarna. Sedertdien het families, individue, besighede ens. het gekom en gegaan. Kom lees en geniet saam met ons.

Lees meer  
  • Villieria, Pretoria, South Africa
  • Gemeenskapsprojek

Met voltooiing van u kontak besonderhede sal u dadelik die kontak besonderhede ontvang van die persoon by die MootProjek wat u buurt verteenwoordig.


R 200

Skenking Bedrag